UP Biblioteek Web WWW            
English |  Afrikaans  
Department Biblioteekdienste
Biblioteek Tuisblad Meer oor die Biblioteek Biblioteke / Eenhede / Versamelings E-Bronne Joernale Katalogus Kontak Ons
   
 
LibQUAL 2009
LibQUAL+® 2009 Info
V&A
Kontak Ons
Terugvoer
LibQUAL Internasionaal
 
 
LIBQUAL+® 2009 Info

Afdrukbare kopie

Wie mag deelneem?
Die uitnodiging om deel te neem word aan alle studente en personeellede van UP gestuur. Die uitnodiging bevat lewendige skakels na die opname. U kan die vraelys in Afrikaans of Engels voltooi. Herinneringskennisgewings sal weekliks uitgestuur word.
 
Wanneer vind die opname plaas?
Die opname duur van 5-30 Mei 2009. Papier kopieë is ook beskikbaar in al die UP biblioteke vir studente wat nie toegang tot die internet het nie.
 
Hoe lank neem dit om die vraelys in te vul?
Dit neem 10-15 minute.
 
Word my antwoorde/kommentaar as vertroulik hanteer?
Ja. Daar is geen manier om u identiteit en antwoorde met mekaar te verbind nie.
 
Wat is daarin vir my?

Deur deel te neem aan die opname kan u verseker dat u mening bydra om die UP Biblioteekdienste van die toekoms te help vorm.

Boonop kan u ook deelneem aan ‘n vrywillige prystrekking en staan u ‘n kans om verskillende pryse te wen, insluitend ‘n “notebook”.
 
Hoekom  LibQUAL+?
LibQUAL+ is ‘n gestandaardiseerde, effektiewe hulpmiddel om die kwaliteit van biblioteke, gebaseer op die persepsies van studente en personeel, te meet en on die gaping tussen gebruikers se verwagtinge en hulle belewenis van die diens te identifiseer. Dit bied ook die geleentheid om ons met ander biblioteke te vergelyk.
 
Waaroor gaan die vrae?

Die opname toets drie aspekte van ‘n biblioteekdiens: 

  1. Die diens en houding van personeel, bv professionaliteit, begrip, bedagsaamheid
  2. Beheer oor inligting, bv toegang tot en toereikendheid van boeke, tydskrifte en elektroniese inligtingsbronne
  3. Die biblioteek as plek, bv omgewing, ligging, fasiliteite, ruimtes vir groep- en individuele studie.

 Origens is daar ook ruimte vir vrye kommentaar en voorstelle.

 
Hoe werk die opname?

 Vir elk van die 22 hoof vrae/stellings word u versoek om dit op ‘n 0-9 punt skaal te beoordeel ten opsigte van

  • u minimum diensvereistes

  • die diensvlak wat u persoonlik verlang of benodig

  • die vlak van diens wat tans deur die Biblioteekdienste gelewer word.

 
Hoekom het elke vraag drie dele?
Deurdat LibQUAL+ ten opsigte van elke saak die gaping tussen u minimumvereistes, u verwagtinge en u huidige ervaring kan bepaal, is die inligting vir ons van veel meer waarde vir beplanning van toekomstige dienste.
 
Inligting van die LibQUAL+ webblad (www.libqual.org) en van die LibQUAL inligtingsblaaie van ander deelnemende biblioteke is gebruik om hierdie blad saam te stel. Dit word met dank erken.

 
Search
Vinnige Skakels
My Bib Ruimte
 
Druk bladsy    |    Kopiereg © Universiteit van Pretoria 2008. Alle regte voorbehou        Geredigeer deur: Monica Hammes