Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en akrise,
die eerste keer staan voor oom Johannes Willems, legendariese
Griekwa-heler, sę hy: "Hier kom Juffrou nou eers aan".
Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome
gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou
oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na
kleinseun aangegee is..
Na sewe jaar se vakleerlingskap volg hierdie boek oor wat
Karoo-kruie vir jou kan doen. Hoe dit jou kan roer - want
in oom Johannes se benadering kort nie net jou liggaam heling
nie, jou gees word saam gedokter.
In Kruijdie roer my hoor 'n mens die warm stem van
Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek
Vrydagmiddae op RSG dit ken : vol begrip en deernis, altyd met
'n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar
kennis en oom Johannes se wysheid.
'n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet,
rooivergeetwortels en louhout. En met 'n
weelde aan foto's, stories, raad en indekse is dit 'n
familieboek vir blaai, lees en naslaan.
|